Ontvang elke weeksdag 'n gratis brief in u Inboks-die Basuin Brief

Meer Oor Ons

www.dieBasuin.com is die Afrikaanse weergawe van theTrumpet.com , die amptelike webtuiste van The Philadelphia Trumpet nuusblad. Saam, berig en analiseer theTrumpet.com en The Philadelphia Trumpet oor onlangse geopolitiese, ekonomiese, sosiale en godsdienstige gebeurtenisse en tendense.

www.dieBasuin.com, nes theTrumpet.com en die nuusblad, word deur die Filadelfia Kerk van God aangebied en geproduseer. Op hierdie stadium word artikels nie in Afrikaans vertaal nie. Ons bied, nietemin, ‘n verskeidenheid literatuur wat deur die Filadelfia Kerk van God geproduseer word. Hierdie literatuur verduidelik baie van die leerstellings en leerreels. Dit verduidelik ook eintyd Bybelprofesiëe wat op theTrumpet.com aangebied word.

Ons hoop om in die nabye toekoms nuusartikels van theTrumpet.com te vertaal en op dieBasuin.com te pos. Voel intussen vry om hierdie webwerf te verken en literatuur af te laai, of versoek die beskikbare literatuur. Dit is gratis en ons sal dit aan u stuur op u versoek.

Indien u enige vrae het, of met ons in verbinding wil tree, e-pos ons gerus by Javascript Required .

The Filadelfia Kerk van God

Die Apostel Paulus het geskryf dat Jesus Christus “vir Homself ‘n volk as sy eiendom [sal] reinig, ywerig in goeie werke” (Titus 2:14). Hierdie woorde is ‘n gepaste beskrywing van die lede van die Filadelfia Kerk van God. Uitverkore mense, van alle ouderdomme, rasse, opvoedkundige- en sosio-ekonomiese agtergronde, regoor die wêreld—tog almal toegewyd om volgens elke woord van die Bybel te leef.

Die PKG, in 1989 gestig, het nederig en klein begin—met 12 lidmate, maar het in ‘n wêreldwye organisasie gegroei wat ‘n globale werk verrig. 

Deur ons Key of David TV program en ons wêreldnuus en analise tydskrif, die Philadelphia Trumpet , en sy bybehorende webtuiste, dieBasuin.com reik ons uit na honderde duisende mense met die geïnspireerde boodskap van ‘n leefwyse wat die oorsaak van alle goeie dinge is—van liefde, vrede, geluk, voorspoed, oorvloedige welgesteldheid—die waarlik suksesvolle lewe. Al hierdie word gratis aangebied, as ‘n publieke diens aan u. 

Die Filadelfia Kerk van God het geen politieke agenda nie. Wat ons het, is die antwoorde op die probleme wat ons gemeenskappe vandag teister. Ons kyk na God vir die antwoorde. U moet hierdie antwoorde weet. 

Ons Werk

Sedert die begin van Jesus Christus se bediening met net 12 dissipels, na vandag se honderde duisende werkers, ondersteuners en mede-werkers, het God se werk ‘n kragtige taak gehad om te verrig. Die doel waarom Christus die kerk daargestel het, karakteriseer die werk—die aktiwiteite en algehele opdragte. 

Dit is ‘n geestelike werk. Christus wys ons in die Nuwe Testament daarop dat die doel van God se werk tweeledig is. Eerstens, moet ons as getuies vir die wêreld, die goeie nuus van die komende Koninkryk van God, verkondig. As deel van daardie getuienis, moet ons Bybelse waarskuwings van rampe, vanweë die mensdom se sondes, wat die wederkoms van Christus vooraf gaan, publiseer. Tweedens moet die Kerk self, geestelik gevoed word, om diegene wie, deur God, vir toekomstige verantwoordelikhede onder Christus geroep word, om by sy wederkoms, alle nasies in liefde te regeer, voor te berei.

Die baie en verskeie pogings van die PKG kan, na hierdie duidelike, opwindende tweeledige opdrag, nagespoor word. Die PKG leraars en lede is toegewyd om ooreenkomstig, ‘n Bybelse lewensweg, te wandel en dit bekend te maak. Dit is ‘n weg van deel en gee, om een vir die ander om te gee, na godsaligheid in al ons handelinge met ons medemens, te strewe. Dis ‘n wyse, van familie harmonie en geluk, ‘n weg van vrede tussen nasies en mense van alle kulture en rasse. Dit is ‘n weg van inspanning en toevlug tot God om ons ongelooflike menslike potensiaal te behaal.

Die PKG werk—nederig, maar ywerig—om die dag te bespoedig ,wat deur die Profeet Jesaja beskryf word as wanneer, “die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE, soos die waters die seebodem oordek,” (Jesaja 11:9).
Die PKG bevorder die belange van hegte familiebande en die beoefening van “ware godsdiens”—sorg vir die weduwees en wese (Jakobus 1:27). Lidmate beywer hulle om God se wette, van liefde tot Hom en liefde teenoor medemens, na te kom (Markus 12:30-31).

Filadelfia Kerk van God se Geloofsoortuigings:

Ons som ons geloof op met die slagspreuk: Leef volgens elke woord. Jesus Christus het gesê, “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthëús 4:4). Die meerderheid Christene lê beslag op dieselfde slagspreuk, tog glo hulle nie werklik Christus se woorde, soos dit in die Bybel opgeskryf staan, nie.

Ons doen wel. Al ons geloofsoortuigings kom reguit uit die Bybel en ons behandel nie die Ou Testament anders as die Nuwe Testament nie. Hierdie mag nou wel kontroversiële en plofbare verklarings wees, ons weet, maar dit is wat ons glo.

Indien u ‘n opsomming daarvan wil hê, verskaf ons twee vir u hier: een oor ons algemene geloofsoortuigings en een oor ons algemene geloofsleer.

Verklaring van Geloofsoortuigings:

• Die Filadelfia Kerk van God glo en leer dat die Bybel die volle Woord van God is, deur God geïnspireer, en daarom beskikbaar vir onderrig.

• Elke geloofsleer wat deur die Kerk onderhou word kan vanuit die Heilige Bybel bewys word.

• Slegs God kan ‘n persoon ‘n lid van die Kerk maak; daarom probeer ons op geen manier lidmate inwin nie.

• Die Kerk se verantwoordelikheid is om die wette van God te leer aan enigeen wat mag begeer om te leer, absoluut gratis.

• Die Kerk soek nie finansiering van die algemene publiek nie, maar is geheel en al afhanklik van die tiendes en vrywillige offers van sy lidmate en medewerkers; daarom vra ons nie die publiek op enige wyse vir fondse nie.

• Die Kerk leer sy lidmate dat die integriteit van die gesin kritiek is vir die gesondheid van die volk.

• Leraars moet ware diensknegte van die lidmaatskap wees en moet daarom uiterstes in leefstyl en kwistigheid vermy.

• Alle lidmate moet hul aan die wette en regulasies van die land se regering onderhou terwyl hul die voorbeeld en instruksies van Jesus Christus volg.

• Die Heilige Gees is ‘n genadegawe wat van God ontvang word, ten tye van werklike bekering, wat tot verlossing lei.

• Jesus Christus is die Hoof van die Kerk, nie enige mens nie.

• Almal sal uiteindelik opgewek word, en diegene wat waardig bevind word, sal vir ewig deel in gemeenskap met God en Christus.

• Sonde, wat onbekeerd is, sonder ‘n persoon af, van God en Christus.

• Jesus Christus het gesterf om die straf vir ons sondes te betaal sodat ons onverganklikheid gegee kan word.

• Ons moet ons verheug in ons beproewinge omdat God hul gebruik om Sy karakter in ons te bou.

• Die Kerk is daarvoor verantwoordelik om die algemene publiek te verwittig van die koms van die verheerlikte Koninkryk van God.

Opsomming van die Hoof Leerstellings van die Filadelfia Kerk van God

• Ons glo in een God, wat in alle ewigheid bestaan, Skepper van die hemele en die aarde en alles wat daarin is (Génesis 1:1). God bestaan eintlik uit twee persoonlikhede: die God wat die Vader van Jesus Christus geword het en die Woord wat vlees gemaak was en God se Seun geword het (Johannes 1:1-14).

• Ons glo dat Jesus van Nasaret die Messias, Christus, die verheerlikte Seun van die lewende God is, wat deur die Heilige Gees verwek is, uit die vlees van die maagd Maria gebore is. Christus het die eerste keer na die aarde gekom om te kwalifiseer om Satan op die troon van die aarde te vervang (Matthëús 4). Hy het ook gekom en Sy Kerk gevestig (Matthëús 16:18) en diegene wat onder Hom in die Koninkryk van God op aarde sal regeer, op te lei (Markus 1:14-15), wat uit die Familie van God sal bestaan, die regering van God sal toepas, wat op God se wet gebasseer is. Ons glo dat die Heilige Gees die Gees van God en Jesus Christus is—die krag van God (Handelinge 1:8; Romeine 15:19), waarmee alles geskape en gemaak is.

• Ons glo dat die Skrifte van die Ou en Nuwe Testamente God se openbaring en volledig, bepaalde wil aan die mens, wat in woord en gedagte geïnspireer is, en onfeilbaar in die oorspronklike geskrifte; dat hulle van opperste en finale outoriteit is en die bron van waarheid (2 Timothëús 3:16). Ons glo dat alle leerstellinge wat die teenoorgestelde as die van die Bybel is, vals is.

• Ons glo dat Satan ‘n geesteswese is en as die duiwel is hy die teenstander van God en die kinders van God (1 Petrus 5:8). God het Satan gesag oor die wêreld vir 6 000 toegelaat, wat die nageslag van Adam in opstand teen God en Sy wet gelei het. Satan se mag is meerendeels om te beïnvloed en te lei, nie om mense na willekeur, teen hul wil te forseer nie. Hy regeer deur bedrog (Openbaring 12:9) met die hulp van ‘n menigte demone, wat opstandige engele is, geesteswesens wat Satan in sy opstand gevolg het.

• Ons glo dat die mens volgens die beeld van God geskape is (Génesis 1:27) en is geheel en al verganklik, onderworpe aan verderflikheid en agteruitgang, sonder ewige lewe inherent in homself, behalwe as die gawe van God onder God se voorwaardes en bepalings soos in die Bybel uitgedruk. Adam en Eva het gesondig en daarmee die doodstraf verdien sonder om ewige lewe te ontvang. God het Satan toe toegelaat om al hul kinders te mislei, die mensdom beïnvloed om te sondig, en sodoende op hulself die doodstraf gebring (Romeine 6:23).

• Ons glo dat sonde wetteloosheid is (1 Johannes 3:4); dat die wet geestelik van aard is, volkome, heilig, regverdig en goed (Romeine 7:12), wat in die woord liefde opgesom kan word (1 Johannes 5:3); dat dit aan die twee groot beginsels van liefde teenoor God en liefde teenoor jou naaste verbonde is en dat die Tien Gebooie die 10 punte van daardie wet uitmaak (Matthëús 22:37-40). Ons glo dat hierdie vernaamste geestelike wet aan ons die enigste regte en ware leefwyse openbaar—die enigste moontlike weg na geluk, vrede en vreugde; dat dit vir ewig onveranderlik en bindend is; en dat alle ongelukkigheid, ellende, armoede, angs en rampe hul oorsprong in die oortreding daarvan het.

• Ons glo dat God hierdie wêreld van hopelose sondaars so liefhet dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het (Johannes 3:16), wat, alhoewel hy in alles versoek was nes ons, steeds sonder sonde geleef het in die vlees (Hebrëers 4:15) en vir ons as die plaasvervangende offerande gesterf het (Hebrëers 10:12). Dit het dit wettig moontlik gemaak vir die mens se sondes om vergewe te word en vir God om hom van die doodstraf vry te spreek, omdat Jesus, wie se lewe van groter waarde was as die somtotaal van alle ander mense (omdat dit Hy was wat hul geskape het), die doodstraf in die mens se plek betaal het.

• Ons glo dat Christus uit die dood opgestaan het nadat Sy liggaam vir drie dae en drie nagte in die graf was (1 Korinthiërs 15:3-4), wat onverganklikheid vir verganklike mense moontlik gemaak het; dat Hy daarna na die hemel opgevaar het, waar Hy nou aan die regterhand van God die Vader sit as ons Hoë Priester en Advokaat (Hebrëers 8:1; 1 Johannes 2:1-2).

• Ons glo dat almal wat hul werklik bekeer van hul sondes in volle oorgawe en gewillige gehoorsaamheid aan God, getrou Jesus Christus as persoonlike Saligmaker aanvaar, se sondes sal vergewe word deur ‘n handeling van goddelike genade (Efésiërs 1:7). Hulle is geregverdig, vrygespreek van die straf van sondes van die verlede, met God versoen (Romeine 5:9-10) en die genadegawe van God se Heilige Gees gegee, ten tye van hul doop (Handelinge 2:38) in die liggaam van Christus, wat die ware Kerk van God is. Die Heilige Gees woon binne-in so ‘n persoon, wat ‘n ware verandering in lewe en gesindheid meebring en die goddelike liefde verskaf wat alleenlik die wet kan vervul en geregtigheid kan produseer. Ten tye van die doop, word ‘n Christen deur God verwerk en sal in die Familie van God gebore word tydens die opstanding (Johannes 3:6; 1 Korinthiërs 15:52). Ons glo God se grootste doelwit is om sy Family uit te brei.

• Ons glo dat vanaf sononder Vrydag tot sononder Saterdag, die sewende dag van die week, is God se Sabbat (Eksodus 20:8-11). Op hierdie dag moet ons rus van ons arbeid, die opdrag en voorbeelde van die Apostel Paulus, die Nuwe Testament Kerk en Jesus, volg. Die Sabbatdag is ‘n teken tussen God en Sy mense (Eksodus 31:13).

• Ons glo die sewe jaarlikse feesdae, soos dit aan Ou Testamentiese Israel deur God aan Moses gegee is (Levitikús 23)—was deur Christus, die Apostel Paulus en die Nuwe Testament Kerk onderhou—en moet steeds vandag onderhou word. Hierdie feesdae beeld God se plan en doel vir die mensdom uit. Die Pasgafees en Dae van Ongesuurde Brode gebeur elke lente (noordelike halfrondte); Pinksterfees word vroeg in die somer (noordelike halfrondte) onderhou. In die herfs (noordelike halfrondte) vier ons die Fees van Basuine, Die Dag van Versoening, die Huttefees en die Laaste Groot Dag. Die offerandes, wat later bygevoeg is en later deur Christus se offerhande vervang is (Hebrëers 9:22-10:10), moet nie langer onderhou word op daardie dae of enige ander tyd nie.

• Ons glo dat Christene verbied word om te dood (Eksodus 20:13) of op enige manier, direk of indirek, ‘n menslike lewe neem nie. Ons glo dat die opneem van wapens in teenstelling met hierdie leerstelling is en daarom weier ons pligsgetrou om wapens op te neem of onder enige militêre gesag te kom. Christene is inderwaarheid burgers van ‘n ander regering (Johannes 18:36; Hebrëers 11:13-16).

• Ons glo die beloftes aan Abraham en sy “saad,” Christus, gemaak is (Galásiërs 3:16) en dat die verbonde (insluitend die Nuwe Verbond) en die beloftes op Israel betrekking het. Die nasionale fases van die beloftes—materiële seëninge—was aan die moderne, fisiese nageslag van die Israeliete gegee (Genésis 22:15-18), maar die geestelike fase van die beloftes—verlossing—is slegs deur Christus en is vryelik beskikbaar aan Heidene wat ook, deur Christus, Abraham se geestelike kinders en erfgename geword het, volgens die beloftes (Galásiërs 3:7-9, 29).

• Ons glo dat die Kerk daardie liggaam van gelowiges is wat deur die Heilige Gees gelei word; dat die ware Kerk van God nie ‘n denominasie is nie; dat die geïnspireerde naam van hierdie geestelike organisme “die Kerk (Gemeente) van God” is (Handelinge 20:28); dat die sending van die Kerk vandag is om die evangelie van die komende Koninkryk van God aan alle volke as ‘n getuie te verkondig (Matthéüs 24:14), met die klem op die waarskuwing van Amerika en Brittanje, aangaande die voorspellings wat op hulle van toepassing is (Eségiël 33:7); om met God te versoen, en deur Christus, diegene wat nou uitgeroep word te red (Johannes 6:44); en die Kerk van God te dien. Lidmate van die Kerk word spesifiek in hierdie lewe opgelei om saam met Christus te regeer in die Millenium (Openbaring 20:6).

• Ons glo dat die enigste hoop op ewige lewe vir die verganklike mens in die opstanding lê. Aan die einde van die Millenium, sal almal wat geleef het en God nie geken het nie, as verganklike mense opgewek word en die geleentheid gegun word vir saligmaking (1 Korinthiërs 15:22; Openbaring 20:5). Ons glo dat daar ‘n opstanding van die regverdiges en onregverdiges sal wees (Handelinge 24:15; Daniël 12:2)—die geregtiges tot ewige lewe as geesteswesens op aarde, die ongeregtiges tot die tweede dood in helvuur (Gehenna) waarin hul sal sterf as ewige straf (Openbaring 20:13-15).

• Ons glo in die naderende wederkoms van Jesus Christus om op aarde te regeer as Koning van die konings en Heer van die here (Openbaring 19:16); dat Hy in daardie tyd op die troon van Dawid sal sit en alles tydens ‘n duisendjarige regering op aarde sal herstel en die Koninkryk van God vestig, om vir ewig op die aarde as hoofkwartier gevestig te wees.