Ontvang elke weeksdag 'n gratis brief in u Inboks-die Basuin Brief

Gereelde Vrae

Hoe word my Trumpet subskripsie betaal?

U mag wonder hoe hierdie tydskrif befonds word. Ten slotte, is daar geen intekenprys nie—geen advertensie inkomste—geen handelskorporasie borgskappe nie. Tog, is dit duidelik dat dit geld kos om publikasies van sulke gehalte te vervaardig. Alle literatuur op hierdie webwerf word gratis aangebied—word betaal deur die tiendes en vrywillige offerandes van die lede van die Filadelfia Kerk van God en hul medewerkers.

Hoe teken ek in vir die Trumpet tydskrif? (Slegs in Engels en Spaans beskikbaar).

U kan gratis aanlyn inteken vir die Trumpet. Andersins kontak ons per pos.

Ek bly buite die Verenigde State. Hoe teken ek in?

Vir sommige gebiede buite die Verenigde State, versoek ons u om aan ons te skryf en per pos ‘n subskripsie tot die Trumpet tydskrif aan te vra, maar vir meeste gebiede kan u gratis aanlyn inteken.

Wat is die Trumpet aanlyn rekening (slegs op theTrumpet.com)? Hoe verskil dit van my gedrukte Trumpet subskripsie?

Die Trumpet aanlyn rekening is ‘n gratis diens wat gebruikers toegang verleen om te lees en digitale weergawes van die Trumpet tydskrif af te laai, sowel as literatuur uit ons uitgebreide biblioteek. Daarbenewens, beplan ons om meer rekening gedrewe kenmerke en voordele in die toekoms by te voeg. Om in te teken is eenvoudig en heeltemal gratis. U kan hier vir u rekening aansluit.

Ek ontvang reeds die Trumpet deur die pos. Hoe kry ek ‘n aanlyn rekening? Het ek een nodig?

Die Trumpet aanlyn rekening (slegs op theTrumpet.com) is ‘n gratis diens wat addisionele voordele aan ons aanlyn lesers voorsien en is onafhanklik van die gedrukte subskripsie. U kan hier vir ‘n aanlyn rekening inskryf. Indien u alreeds die Trumpet deur die pos ontvang, maak dan asseblief seker wanneer u ingeteken het, dat u nie die opsie om die gedrukte weergawe te ontvang, kies nie.

Ek lees my Trumpet aanlyn. Is dit nodig dat ek ‘n gedrukte weergawe in die pos ontvang?

Alhoewel al die inhoud van ons gedrukte tydskrif aanlyn beskikbaar is, verskaf ons hierdie tydskrif gratis aan u, omdat ons wil hê dat u dit geniet met die gerief en kwaliteit van ‘n gedrukte eksemplaar. Indien u voel dat u eenvoudig verkies om dit aanlyn te lees, kan u ter enige tyd uitteken en steeds gratis van u aanlyn toegang gebruik maak.

Wat is die Trumpet Weekly (Slegs in Engels)? Hoe verskil dit van die Trumpet?

Die T rumpet Weekly is ‘n nuusbulletin wat elke naweek deur theTrumpet.com e-gepubliseer word en bevat al die beriggewing, insig, analise en kommentaar wat u van die Trumpet nuusblad en theTrumpet.com verwag. Die Trumpet Weekly som die vorige week se top berigte in ‘n beknopte en inligtingryke formaat op wat maklik lees. Die Trumpet Weekly sluit ook gekondenseerde weergawes van die week se rubrieke deur theTrumpet.com se beste skrywers, sowel as terugblikke op akkurate voorspellings deur theTrumpet en sy voorganger, die Plain Truth . Die Trumpet Weekly is beskikbaar vir aflaai elke Saterdag, sowel as Sondag in PDF-formaat. U kan ook die Trumpet Weekly in u inboks ontvang deur daarvoor in te teken. Intekening is eenvoudig en heeltemal gratis.

Ek het nounet vir die gedrukte weergawe ingeskryf. Wanneer sal ek my eerste uitgawe ontvang?

Ons stuur ons Trumpet subskripsies maandeliks uit. Laat asseblief tot ses weke toe om u eerste eksemplaar te ontvang, alhoewel u dit moontlik gouer as dit sal ontvang.

Hoe hernu ek my subskripsie?

Kontak ons asseblief per pos of e-pos.

Hoe verander ek die posadres vir die aflewering van my eksemplare?

Kontak ons asseblief per pos of e-pos.

Hoe kan ek uitvind wanneer my subskripsie verval?

Kontak ons asseblief per pos of e-pos.

Wat moet ek doen as my eksemplaar geskeurde blaaie het of andersins beskadig is?

Vorige uitgawes van die Trumpet is gratis beskikbaar (indien daar voorraad is) en mag aangevra word deur ons te kontak per pos of telefoon.

Wat moet ek doen as my eksemplaar laat is of weggeraak het?

Indien u seker daarvan is dat u uitgawe van die Trumpet in die pos weggeraak het, mag u dalk eerstens seker maak dat u subskripsie nie verval het nie. Onthou, om u subskripsie te hernu is heeltemal gratis. Kontak ons asseblief per pos, e-pos of per telefoon. Indien u enige uitgawes gemis het, kan u ook vorige uitgawes aanvra.

Hoe kan ek my gedrukte subskripsie kanselleer?

U mag u gedrukte subskripsie kanselleer deur ons per pos of telefoon te kontak.

Indien my subskripsie verval, of ek kanselleer dit, sal ek nog steeds in staat wees om elke nuwe uitgawe in Adobe PDF te lees en vorige uitgawes in die virtuele biblioteek te soek?

Ja. U aanlyn toegang is gratis en sal voortgaan selfs al besluit u om die gedrukte uitgawe te kanselleer.

Hoe kan ek u kontak? 

U is welkom om ons per pos of e-pos te kontak .