Ontvang elke weeksdag 'n gratis brief in u Inboks-die Basuin Brief

Die Onsigbare Aanvaller

ISTOCK.COM/CACTUSOUP, MELISSA BARREIRO/DIE BASUIN

Die Onsigbare Aanvaller

Aanslag op Amerika (Inleiding)

Die volgende is die inleiding van Gerald Flurry se nuwe boek, Aanval op Amerika. Dit is ‘n betekenisvolle uitgebreide weergawe van sy 2013 boekie met dieselfde title. Die nuwe boek is nog nie in Afrikaans beskikbaar nie, maar sal op dieBasuin.com in aflewerings beskikbaar gestel word.

Regoor die wêreld vra mense dieselfde vraag: Wat het met die Verenigde State van Amerika gebeur?

Binne slegs ‘n paar kort jare het die vermoëndste, magtigste en mees invloedryke enkele nasie in die menslike geskiedenis gevaarlik geradikaliseerd, verdeeld en verswak geword. Dit het vinnig in politiese wanfunksionering, sosiale verdeeldheid, ekonomiese ellende, geregtelike en wetlike kompromie en katastrofiese sedeloosheid verval. Die volk wat Abraham Lincoln as “die laaste beste hoop op aarde” genoem het, is besig, om soos hy gewaarsku het, “weens selfmoord te sterf”.

Waarom? Waarom is die nasie wat elke historiese, geografiese, kulturele, ekonomiese en militêre voordeel geniet, besig om hulself te vernietig?

Hierdie boek, soos geen ander, sal die kernrede openbaar. Dit is vir die meeste mense in Amerika en regoor die wêreld heeltemal onsigbaar.

Hierdie nasie is besig om aan die hand van sekere magtige mense in die regering en samelewing selfmoord te pleeg. Hulle is aktief, doelbewus besig om hierdie spesiale nasie van binne af te saboteer. Hierdie radikale vooraanstaandes het Amerika se politiek, staatsbestuur, diplomasie, polisiëring, moraliteit, rasseverhoudings, seks, tradisies en kultuur vinnig en fundamenteel verander.

Dit is wat Amerika se ineenstorting so skokkend, so geskiedkundig en so folterend maak: Die nasie word van binne af deur hul eie leiers aangeval.

Hoe kan u dit verduidelik? U moet weet. Soos Amerika val, is skrikwekkende nuwe magte besig om die leemte te vul. Die wêreld is besig om ‘n prooi vir outokratiese state (lande) soos Rusland, China en Iran te word. Amerika se selfmoord het alreeds die wêreld gedestabiliseer, wat die gevare vir alle nasies verhoog—en hierdie tendens gaan sekerlik veel erger word.

Hierdie boek sal u die werklike oorsaak van hierdie krisis uitwys.

Die Bybel het eintlik geprofeteer van wat nou in Amerika aan die gebeur is. Dit beskryf dit as “bitter ellende.” Hierdie boek ontbloot die oorsaak van hierdie ellende. Dit is die enigste boek wat dit doen.

Die Bybel profeteer dat God Amerika uit hierdie ellende sal red, op ‘n spesifieke wyse, deur ‘n spesifieke man. Hierdie boek verskaf aan u die vroegtydige nuus van hoe God hierdie bitterheid sal verlig, en Amerika sy laaste kans op oorlewing gee.

‘n Begrip van hierdie waarhede verskaf ‘n perspektief van onskatbare waarde te midde van die storms wat Amerika bestook. Wanneer u die oorsaak sien, sal u dan die werklike oplossings kan onderskei—en sal u ware hoop in Amerika se toekoms kan geniet.

Amerika se “Swymelende” Pers

Dit is moeilik om hierdie geestelike dimensie te verstaan. Ons kan dit nie met ons oë sien nie, maar ons kan beslis die effek daarvan waarneem.

Laat ek u ‘n puik voorbeeld daarvan gee wat in 2013 gebeur het. Ek het hieroor geskryf in my boekie wat ek dieselfde jaar gepubliseer het, ook getiteld “America Under Attack”. Daardie boekie was net 36 bladsye lank, maar dit het die onsigbare oorsaak van Amerika se krisis duidelik onthul. Gebeure sedertien het die waarheid van daardie boekie bewys en daarom glo ek dit moes aansienlik uitgebrei word na die boek wat u nou lees.

In sy boek “Panic 2012: The Sublime and Terrifying Inside Story of Obama’s Final Campaign” het die skrywer, Michael Hastings die betowerende effek wat Barack Obama op die joernaliste gehad het wat hom tydens sy tweede presidensiële veldtog gedek het, beskryf. Hastings het aan msnbc se Martin Bashir vertel, “Dis die teenwoordigheid van Obama, selfs op die perskorps—selfs op die mense wat hom daagliks volg. Wanneer hulle naby hom is, verloor hul soms hul verstand. Hulle begin hulself op maniere gedra wat kinderagtig en amateuragtig is en hulle swymel” (klem deurgaans myne).

Wat gaan hier aan? Verslaggewers wat swymel en hul soos senuagtige tieners naby ‘n politikus gedra is nie normaal nie. Ek het nog nooit so iets in Amerikaanse politiek gesien nie!

Dit is ‘n verdoemmende veroordeling teen ons pers. Hierdie joernaliste het ‘n uiters belangrike verantwoordelikheid om die waarheid uit te vind en die publiek in kennis te stel. Met Mnr Obama het hulle inteendeel deurentyd vleiende dekking gegee. Die hoofstroommedia was feitlik betower. Tot vandag toe aanvaar en bevorder menige joernaliste wat hierdie man sê selfs wanneer dit vals bewys word.

Hastings het self erken dat hy ook in hierdie soort gedrag vasgevang was. Hy het ‘n geleentheid wat hy gehad het om ‘n onderhoud met Obama te voer, beskryf. “Het ek die hardekwas vrae gevra? Nee, ek het nie,” het hy met ‘n glimlag erken. In plaas daarvan het hy eerder “sagte” vrae gevra. Bashir het gevra of hy om Obama swymel. “Ek het,” Hastings lag. “Geheel en al—ag mens!”

Hierdie joernalis het gedink dis snaaks. Was dit werklik snaaks? Joernaliste wat hul so teenoor ‘n politikus soos Barack Obama gedra is ‘n kolosale ramp!

Dink diep na oor hierdie openbaring van Hastings (wat etlike maande later gesterf het). Dit is kragtige bewys van die kernprobleem wat Amerika teister—‘n probleem wat sedertdien aansienlik vererger het. Omdat die media oor President Obama geswymel het, is hy nooit verantwoordelik gehou nie. Hy was in staat om enorme mag op te bou om feitlik te doen wat hy ookal wil doen. Die media was eenvoudig onwillig om hom uit te daag.

Hierdie joernaliste het nie eens hul werk tydens Obama se eerste presidensiële veldtog in 2008 gedoen nie. Hierdie stryd vir die nasie se hoogste amp het op ‘n kritieke tydstip in ons geskiedenis plaasgevind, tog was menige van Mnr Obama se gevaarlike oortuigings aan die publiek onbekend voordat hulle vir hom gestem het. Waarom? Slegs enkele dae voor die verkiesing, het vooraanstaande nuusmanne soos Tom Brokaw en Charlie Rose erken dat die media nooit vir Barack Obama gekeur het nie. Hulle het versuim om ‘n diepgaande evaluasie van hierdie man uit te voer. Hulle het hom goedgekeur en die diep kommerwekkende bewyse van sy radikale wortels geïgnoreer—bewyse wat ons aan u in hierdie boek sal voorlê.

Op Verkiesingsaand in 2008, het Chris Matthews van msnbc verklaar, ‘Die gevoel wat meeste mense kry wanneer hul Barack Obama hoor praat... ek het daardie rilling in my been voel opstyg.” Wat gebeur wanneer die media so betower raak? Wat kan meer gevaarlik wees? Sonder ‘n vrye en geloofwaardige media, kan ‘n republiek nie oorleef nie!

Omdat die joernaliste geswymel het, omdat hulle die vra van moeilike vrae vermy het, omdat hulle ‘n held uit Barack Obama gemaak het, het hierdie man die hoogste amp in die land tweekeer aangeneem.

Wat u moet sien is dat daar ‘n gevaarlike gees hier aan’t werk is. Daar is ‘n magtige geestelike krag agter sulke onverklaarbare gedrag. In die jare serdertdien het dit baie sterker geword.

‘Die God van Hierdie Wêreld’

Met boosheid wat in ons wêreld toeneem, het ek al hoe meer kommentators die feit sien bespreek dat daar ‘n geestelike dimensie tot die menslike lewe is. Heelparty het die bestaan van God openlik erken. Sommige het selfs gesê dat Amerikaanse politiek deur die duiwel beïnvloed word. Hulle besef heelwaarskynlik nie hoe in die kol hul werklik is nie.

Meeste mense sal die spot dryf met dit waaroor ek nou gaan skryf, maar dit is absoluut waar. U kan dit uit u Bybel bewys.

2 Korinthiërs 4:4 noem Satan die duiwel, “die god van hierdie wêreld.” Wat beteken dit? Om te sê dat hy hierdie wêreld se god is beteken dat hy regeer—en mense in hierdie wêreld aanbid hom! Dit beteken dat hierdie bose gees vreeswekkende mag besit—mag wat ons ons skaars kan indink. Dit mag moontlik verregaande klink, maar in hierdie uitermatige en verwarrende tye, regverdig dit nie ten minste oorweging nie? Daar is baie op die spel vir Amerika en vir u persoonlik.

Hierdie bybelse waarheid verduidelik die algemene voorkoms van boosheid om ons. Dit is ‘n deurslaggewende waarheid en u moet dit aan uself bewys. (Ons boek Geheimenis van die Eeue, deur die ontslape opvoeder en teoloog Herbert W. Armstrong, verduidelik dit met deeglike skriftuurlike bewyse. Ons sal met graagte ‘n gratis eksemplaar aan u stuur.)

Een van die Bybel se mees merkwaardige skrifgedeeltes wat die omvang van die duiwel se mag aan ons uitwys, word in die boek van Openbaring gevind. Openbaring 12 beskryf ‘n oorlog in die hemel waar die groot engelagtige wesens teen die duiwel en sy demone veg, waarvan daar miljoene is. Hier is die uiteinde van daardie geestelike oorlog: “En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak [Satan] en sy engele [die gevalle engele—demone] het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (verse 7-9).

Let hierop: Vers 9 sê dat Satan die hele wêreld verlei—elkeen! Sy bedrieëry beïnvloed hierdie wêreld opvoeding, sy godsdiens, sy politiek, sy wetenskap—alles. So sê u Bybel.

Efesiërs 2:2 noem Satan “die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk.” Die duiwel por mense se emosies, buie en gesindhede aan. Wanneer mense ‘n negatiewe emosie of verkeerde gesindheid aanneem, werk hy selfs meer op daardie mense. Hy het die mag om daardie verkeerde emosies te beïnvloed; hy het die hele wêreld daardeur mislei! Mense verstaan nie God se Woord nie—hulle het ‘n gebrek aan geestelike diepte—dus volg hulle eenvoudig emosioneel saam en Satan mislei hulle.

Openbaring 12:9 is ook ‘n eindtyd profesie. Die boek van Openbaring plaas alle profesie in ‘n tydsvolgorde. Dit beteken u kan weet wanneer die profesie vervul sal word. As u nie Openbaring verstaan nie, kan u nie Bybelprofesie verstaan nie.

Hierdie vers vertel ons dat Satan en die gevalle engele—miljoene demone—van die hemel uitgedryf is, op die aarde neergewerp is en nou hier ingeperk word! Nog nooit was hierdie wêreld so besmet met demone nie. Kyk om u: die boosheid wat in elke rigting versprei het ‘n bron en hierdie profesie ontbloot dit.

Waarom Satan Amerika Aanval

Ons leef huidiglik in hierdie kort tydjie wanneer Satan met sy ergste toorn ooit vervul is. Openbaring 12:12 dui aan dat hy woedend is aangesien hy weet dat sy tyd om oor die aarde te heers bykans verby is. Dit is droewige nuus op die kort termyn, maar ‘n teken van wonderlike nuus op die langtermyn!

Hierdie boek fokus op hoe Satan Amerika aanval. Dit openbaar hoe hy mense—veral een—gebruik om dit te doen.

Waarom rig die duiwel so ‘n toegewyde offensief teen hierdie een nasie? Die antwoord onthul iets besonders diep, selfs inspirerend.

Amerika was die wêreld se magtigste land vir die meeste van die vorige eeu. Dit het die leierskap by Brittanje, wat tydens die vorige eeu die grootste ryk in die geskiedenis was, oorgeneem. Hierdie twee moondhede het ‘n uiters unieke plek in die geskiedenis beklee, met ongeëwenaarde rykdom en invloed wat hul op so ‘n wyse gebruik het dat dit ongekende miljarde mense bevoordeel het.

Ons volke is geneig om die eer vir hierdie skouspelagtige sukses vir onsself te neem. Die waarheid is egter dat God aan ons hierdie ongeëwenaarde seëninge gegee het.

Weet u waarom? Dit was nie as gevolg van ons regverdigheid of verdienstelikheid om dit te ontvang nie. Glo dit of nie, God het hierdie seëninge geskenk om beloftes wat Hy millenia gelede gemaak het—beloftes wat in u Bybel opgeskryf staan—na te kom.

Ja, die geskiedenis van hierdie nasies kan direk teruggevoer word na die bladsye van die Bybel. Dit is ook ‘n waarheid wat u kan bewys.

Hier is nog ‘n waarheid wat u kan bewys: Meeste van die profesië in die Bybel is vir die eindtyd bedoel. Die Profeet Daniël het byvoorbeeld nie eers verstaan wat hy geskryf het nie. Hy was aangesê om dit te bewaar totdat dit in “die tyd van die einde” oopgemaak sal word (Daniël 12:4, 8-9). Die Profeet Jesaja het ook geweet dat sy boodskap vir ‘n tyd lank na sy leeftyd bedoel was. God het aan hom gesê, “Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae [bedoelende die eindtyd], vir altyd, tot in ewigheid” (Jesaja 30:8). Die Profeet Eségiël was opdrag gegee om die “kinders van Israel” van naderende gevangenskap te waarsku—tog was die Israeliete reeds jare tevore verslaan en gevange geneem. Soos Daniël, Jesaja en die woorde van ander profete, is sy woorde neergeskryf en vir duisende jare wonderbaarlik bewaar omdat die waarskuwing vir die moderne nakomelinge van Ou Testamentiese Israel bedoel was.

Daar is baie sulke profesië in die Bybel. Tog is die sleutel wat die betekenis van so baie bybelse profesie oopsluit, allerweë onbekend.

Daardie allerbelangrikste sleutel is die identiteit van die hedendaagse nageslagte van Israel.

Die Bybel is ‘n boek oor God se uitverkore nasie Israel en hoe God dit gevestig het om as ‘n seëning vir alle ander nasies te dien ten spyte van die feit dat sy mense niks beter as ander volke was nie. Soos Herbert W. Armstrong noukeurig in sy boek Die Verenigde State en Brittanje in Profesie, bewys het, is die moderne nageslagte van die bybelse Israeliete die Amerikaanse en Britse volke! Amerika se seëninge is beslis geboortereg seëninge wat God aan die nageslagte van Abraham, Isak en Israel beloof het—spesifiek diegene wat van Josef se seuns, Efraïm en Manasse (moderne Brittanje en Amerika; bv. 1 Kronieke 5:2) afkomstig is. Eindtyd profesie aangaande Israel openbaar eintlik die lot van Amerika en Brittanje. (Ek raai u sterk aan om ‘n gratis eksemplaar van ons boek, Die Verenigde State van Amerika en Brittanje in Profesie aan te vra. Ons kontakbesonderhede kan agter in hierdie boek gevind word.)

God het oor ons mag en vooruitgang geprofeteer. Hy het ook regdeur die Bybel gewaarsku dat Hy Sy seën en bewaring sal verwyder indien ons in opstand kom. Hierdie nasies het die vervulling van die eerste deel van daardie profesië geniet. Toe het hul in opstand teen God gekom. Nou ervaar ons die bittere ellende van die laaste deel.

Terselfdertyd dat God Sy beskerming verwyder het, beleef Satan en sy demone hul felste toorn! Hulle haat God en alles wat Hy verteenwoordig. Deur die geskiedenis heen het hulle hul verskriklikste aanvalle op God se uitverkorenes gekonsentreer. In hierdie eindtyd is hulle veral baie toornig teenoor die magtigste van die Israelitiese nasies: die Verenigde State van Amerika.

God se strewe is om Israel te gebruik om die hele mensdom te help. Die groot doel van die duiwel en sy demone is om Israel neer te werp. Soos ons sal sien, wil hulle tot die naam van Israel uitwis!

Getuienis van die duiwel se sukses is oral om ons. Dit is die ware verhaal van die politiese, sosiale en morele transformasie van Amerika. Satan het die gedagtes van veral die elites beïnvloed, deur toenemend beleid te stuur en openbare gesprekvoering te vorm. Die hoofstroommedia is deur die duiwel oorwin. Dit het miljoene mense beïnvloed. Nog nooit het so iets voorheen gebeur nie. Nog nooit het Amerikaners so ‘n sataniese afwyking in hul presidensiële politiek gesien nie.

2 Korinthiërs 11:14 openbaar dat “die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.” Hy is goed bedrewe in bedrog en intimidasie en hy gebruik hierdie magte om hierdie nasie te verower.

Dit is waaroor die Michael Hastings voorbeeld werklik gaan. Teen Mnr. Obama se tweede termyn het Satan die hele hoofstroommedia aan’t “swymel” gehad! Die verslaggewers het geswymel terwyl die duiwel beheer oor die land oorgeneem het.

Hierdie boek vertel die volledige verhaal van hoe Satan ‘n wurggreep op Amerika verkry het. Soos u sal sien, het hy dit reggekry deur een man te gebruik—‘n man met soveel verwaandheid dat hy homself aan vreeslike sataniese invloed blootgestel het.

Hierdie boek wys ook hoe God die aanslag wat tydens Obama se twee termyne op Amerika plaasgevind het, gekonfronteer het. Die openbaar die kritieke rol wat Donald Trump vervul het, ‘n rol wat ook in die Bybel geprofeteer is. Dit verskaf die geestelike perspektief op die presidentskap van Joe Biden, wie in werklikheid ‘n fasademan vir ‘n derde Obama termyn is. Dit gee ook aan u die ongelooflike openbaring—wat in profesie duidelik gemaak word—van hoe hierdie sataniese aanslag beëindig sal word.

Profesie dui aan dat Mnr. Trump se rol in V.S. politiek nog nie verby is nie. Wat egter gaan gebeur wanneer hy terugkeer na mag sal u skok.

Dit is krities om die duiwel se invloed op gebeure te sien. Maar u moet egter ook God se hand sien. Dit gee aan u ‘n wonderlike perspektief, selfs te midde van sommige van die donkerste dae wat ons nasie nog ooit in die gesig gestaar het. Om te weet waarom God dit toelaat en hoe Hy beplan om hierdie gebeure te gebruik om uiteindelik elke Amerikaner en elke ander mens te seën, sal u ongeëwenaarde visie en hoop verskaf!

Word vervolg ...